Tuesday, December 23, 2008

Handjies klap, Koekies bak.....

Ons het besluit om bietjie iets anders te doen met die fees gety. Die vorige week het ons Kers kaartjies gemaak en nou het ons besluit om Kers koekies te bak. Die kinders het dit baie geniet.

Almal kyk en wonder wat ons nou gaan doen.


Pierre en Danè besig om die goed reg te kry.


Karli "pose" te mooi vir die kamera.


Angstig wag almal om te begin.


Uiteindelik is dit tyd om voorskote aan te trek.


Celandre gee 'n helpende hand vir Hendricke.


Reg vir aksie...

Willem wil net weet hoeveel koekies kan hy bak.
Clarise is die ene konsentrasie om die deeg te rol en brei.

Arnè geniet homself terdeë.

Almal werk


te lekker


saam om die deeg

plat te rol en vorms te druk.

Altyd tyd vir ietsie kouds vir die keel...



Danè wag geduldig vir haar koekies om 'n beurt te kry in die oond.
Ons oond operateur wat sorg dat die koekies mooi gebak word.


Njammie, dis lekker mense!!!

Monday, October 6, 2008

"n Lekker Vrugte fees saam met die Heilige Gees

Die lesse vir die Vrugte fees reeks is darem so interessant en ons het groot pret met die lesse. Nie net is dit pret om na te kyk nie maar ook groot pret om aan te bied. Ons Jeug leiers is nogal snaakse mensies. Sjef Fruity is 'n gewilde karakter onder die kinders en hulle geniet hom vreeslik.


Die lessie hier het gehandel oor Liefde en die vrug was 'n appel. Wanneer jy 'n appel dwars deur sny dan lyk dit soos 'n ster in die middel. Net so is God se Heilige Gees in ons lewe soos 'n ster binne-in ons.


Ons sing hier "Ons God is 'n wonder God"
Hier wys Danè hoe sterk God is.

Hier wys almal hoe sterk ons God is...


Die 2 verkyk hulle in die spieël. Die deel van die les het gehandel oor hoe ons vir ander mense lyk en of ons die vrugte van die Gees uitstraal soos Jesus gedoen het. Ons memoriseer vers het mos gesê ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word.


In die les was Louis Sjef Fruity gewees en Retha die aanbieder. Hulle les het gehandel oor Vreugde en Vrede.
Arnè lyk of hy nie die vrede vertrou nie, 'n regte ondeunde kyk!!
Sjef Fruity berei hier lemoen sap voor.
Celine kom proe of die lemoensap lekker is.

Maatjies julle moet soet wees tot volgende keer.

Sunday, September 7, 2008

Ons Jeug se eerste les vir die jaar.

Die Sondag het ons Jeug begin met hulle nuwe les "Vrugte fees saam met die Heilige Gees". Die eerste les het gehandel oor die Heilige Gees wat ons help om nader aan die Beeld van Jesus te kom en dan net soos Hy te wees.

Die memoriseer vers wat die kinders moet ken is:

2 Korintiërs 3:18


"Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word....Dit doen die Here wat die Gees is."


Danè was die enigste een wat haar vers geken het, so maats leer julle vers en onthou hom want ons gaan hom nog vir 2 weke behandel.



Vicky het vir ons die eerste les aangebied



en daar was ook 'n "Sjef" gewees, ene Sjef Fruity, wat ons vermaak het in sy kombuis.


Hierdie maatjie kon nie ophou lag vir die snaakse kêrel nie.


En Clarise lyk of sy nie die vrede vertrou nie....


Al die maatjies wil net kom help vashou aan die waatlemoen wat die sjef wil sny.


Die arme ou het 'n ballon met water in gehad wat hy gedink het is 'n waatlemoen. Toe hy die waatlemoen sny toe spat die water!! Daar was darem 'n regte waatlemoen ook gewees waaraan die kinders kon smul.



Het julle geweet dat 'n waatlemoen ons ietsie leer van die liefde van Jesus?


'n Waatlemoen begin eers as 'n geel blommetjie. In God se woord lees ons dat die strate van die Hemel van goud is.

Die pitte in 'n waatlemoen is die sonde in 'n mens se lewe. Net soos ons die pitte uitspoeg so moet ons die sonde uitspoeg uit ons lewe. Al die lelike dinge soos geskryf staan in Galasiërs 5: 19 - 21. Dinge soos Dronkenskap, woede, rusie, naywer, vyandskap, afgodery, onreinheid, en sommer nog baie lelike dinge. Paulus sê dat die wat hierdie dinge doen, nie die Koninkryk van God sal beërwe nie.


Die rooi van die waatlemoen stel die liefde van God voor.


Hy het sy Seun Jesus vir ons gestuur om aan die kruis sy bloed vir ons te stort en vir ons sonde te betaal. Daar is geen groter liefde as die liefde van 'n vriend wat sy lewe vir 'n ander aflê nie. Dit is presies wat Jesus vir ons gedoen het. Sy liefde help ons om al die lelike dinge uit ons lewe te kry.


Die wit van die waatlemoen is vergifnis. As ons verkeerde dinge doen in God se Oë kan ons nog altyd na hom toe kom met gebed en om vergifnis vra.


Klein Louis is amper by die wit deel


Onthou maats, dis nie ons liefde vir God wat so sterk is nie, maar God se liefde vir ons wat baie groter is as iets wat ons ons kan voorstel. Dus het ons die groen gedeelte van die waatlemoen wat vir ons groei voorstel. Ons moet groei om nader aan Christus te kom. Jesus het vir ons 'n voorbeeld gegee om volgens te lewe. Dit is wat God se Gees dan vir ons doen, om meer soos Jesus se beeld te word.


Mooi Willem, jy is amper by die groen.


Kyk net hoe baie rooi is daar in die waatlemoen en net 'n dun strepie wit en 'n dun strepie groen. Dis darem maar baie liefde wat ons God vir ons het, dink julle nie so nie?


Die voorbeeld wat Jesus vir ons gelos het noem ons die vrug van die Heilige Gees. Galasiërs 5:22 vertel ons wat die Vrug van die Gees is: "Liefde, Blydskap, Vrede, Lankmoedigheid(Geduld), Vriendelikheid, Goedheid, Getrouheid, Sagmoedigheid, Selfbeheersing."


Maats as julle die Vrug van die Gees in julle ronddra sal God met jou wees al die dae van jou lewe en word jy nader na die beeld van Christus gevorm.


Ons het die kinders op papier borde laat verf en hulle moes hulle eie waatlemoen skyf verf.


Almal sit net hand by en dit spat soos dit verf...


Die ene konsentrasie...
Ons kinders vertoon met trots hulle hande werk.


Sal ek hap of sal ek nie...njammie dit lyk lekker!!!


Na die les het ons Jeug bietjie gaan energie verbrand buite. Hier wys Jaco ons hoe word dit gedoen en Arnè staan soos 'n skeidsregter nader.


Hier's ons kleintjies wat hulle nie met bal skop ophou nie. Modder koekies bak is mos net so lekker nê?Daar is selfs tyd vir so bietjie kaart speel. Hierdie is ons brug klub dametjies.


Ons wil ons 2 nuwe maats ook verwelkom. Jane en Aden Cumming van Bredasdorp. Baie welkom hier by ons in Al Ain. Dis vir ons baie lekker om julle hier saam met ons te hê en ons hoop julle geniet elke oomblik saam met ons.


Nou ja maats tot Volgende week dan soet wees. Sien julle Sondag, 14 September.

Groete.