
Selfs die Jeug leiers het dit geniet. Die bewegings was so 'n workout dat mens sal styf wees die volgende dag.
Ons jonger lede het ook nie terug gehou nie en die nuwe program dink ek sal nog dalk die saal voller sien met die tyd.
Van ons jong mensies is maar lekker kamera sku....
Na die sang het ons bietjie buite gaan speel en marshmallow aflosse gehou. Dit het ons op gevolg met vliegtuig aanvalle wat net so groot pret was. Ek dink ons Heer het saam gespeel want die wind was darem maar aan die een span se kant gewees hoor?
Hier word daar ernstig vliegtuig gevou.
Generaal Gaby hou hande in die sye 'n ogie oor die aanval mannewales

Hier is Louis aan't optel om weer 'n vliegtuig te gooi.
Daar was 50 vliegtuie aan 'n kant gewees en dit was omtrent 'n storie soos die vliegtuie gegooi is. Die span met die meeste vliegtuie aan hulle kant het dan verloor.
Daarna moes die kinders mentos uit 'n bak met versier suiker haal met hulle monde, en dit was so snaaks om die gesig uitdrukkings te sien.
OOeeewww!!!!! Wit baard...
Hendricke het dit darem baie geniet.
Daarna het ons afgesluit met gebed en op geruim.
Dis soos die liedjie op Soekie en die Radikids sĂȘ: "Dis so lekker om die Here te dien."
Tot volgende week.
No comments:
Post a Comment